Judaskus

Judaskus☀ [PDF / Epub] ★ Judaskus By Rudie van Rensburg ✍ – Oaklandjobs.co.uk Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede en die moorde kom vinnig opmekaar Tussendeur die aantreklike nuwe Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede en die moorde kom vinnig opmekaar Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het en sy enorme posseël meevaller weens nóg ’n sterfte moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie bende van binne uitgeroei word Is dit dalk nié doodgewone bende oorlog soos Kassie se kollegas glo nie Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie. Ou Kassie het oral opdraande By die werk met sy seel versameling en vir seker met die nuwe mooi buurvrou Komplotte geheime sektes juweel diefstal sindikate en verraaiers sorg vir ‘n spanningsvolle en vinnige plotlyn wat geen kritiek by my kon kry nieDaar is baie te prys aan hierdie storie en as jy die eerste 2 geniet het gaan jy virseker hierdie een verslindNou vir die groot wag tot ek my hande op die volgende boek kan kry Een van die redes hoekom ek bly is ek is Afrikaans is Afrikaanse misdaadfiksie Ek lees ook gereeld Engelse spanningsverhale maar dit vergelyk net nie met ons plaaslike boeke nie Ek dink daar is twee redes hiervoor Eerstens is daar altyd heelwat humor in die Afrikaanse boeke en tweedens bied ons land se politieke en kriminele agtergrond 'n realitiese omgewing vir misdaadstoriesVolgens my was hierdie die beste Kassie nog Daar is 'n paar storielyne wat op die einde saamkom met 'n groot geknal Die volgende boek in die reeks is reeds op my bedkassie As jy Deon Meyer boeke geniet moet jy Rudie van Rensburg op jy moet leeslysie sit Kassie Kasselman is verlief Kyk daar is baie om oor Judaskus te sê die plot is waterdig die spanning loop hoog die Boere Mafia moor links en regs iemand neem wraak met 'n broodmes die karakters is so eg en lewendig dat ek sweerlik een van die dae in Kassie of Rooi gaan vasloop Als goed en wel Maar komaan Kassie is verlief En boonop het hy 'n moerse geluk getref met 'n seëlversameling Rudie van Rensburg op sy beste Hierdie boek was selfs beter as die vorige twee Iemand se beendere lê op ‘n stortingsterreinSkielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede en die moorde kom vinnig opmekaar Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat toe op die einde geplant is om uit te vind hoe sy ondersoek gaan en sy enrome posseël meevaller weens nog ‘n sterfte moet hy utwerk waarom ‘n geheimsinninge witboordjie bende van binne uitgeroei word Is dit alles dalk nie doodgewone bende oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hule midde wees die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraar lewer ‘n loue lyk op en Kassie en Rooi kan nie voorbly nieJudaskus is ‘n boek wat rondloop Die leser word herwaarts en derwaarts vervoer Nie net tussen plekke soos Bloemfontein diverse buurte in die Kaapse Skiereiland Sasolburg en Hermanus nie maar ook tussen die hedendaagse tydgreep en verskeie invloede uit die verlede wat daarin opklink Ou moorde kom weer ter sprake en veel ouer ideologieë wanneer die Ossewa Brandwag bygehaal word Voeg daarby ‘n verskeidenheid karakters van wie ‘n hele paar skurke is wat skurk genoeg is om ‘n mens onrustig oor jou medemens te maak en dis ‘n boek wat genot aan liefhebbers van die genre sal verskaf Daar is ‘n goeie balans tussen die hardwerkende en min of meer deugdelike geregsdienaars en daardie onrusbarende skurke sodat ‘n mens nie verswelg voel deur vlae skunnigheid nie Kaptein Kassie Kasselman het vir my ‘n aangename verrassing ingehou toe hy as ‘n nogal beskeie man wat drie weke se verlof aan sy seëlversameling bestee het te voorskyn tree Ek verkies ‘n meer ingetoë hoofkarakter bo die brekers Dis my eerste Van Rensburg en sy speurder lyk na ‘n welkome toevoeging tot wat nou reeds ‘n reeks speurders in Afrikaanse misdaadfiksie is Dit word onderstreep wanneer Kasselman Hemingway’s Bookshop in Hermanus besoek Kasselman se medeseëlversamelaar prof Kotze het die plek só beskryf “Dis die hawe van ‘n onweerstaanbare versameling boeke” Wanneer Kasselman “behaaglik aan die weergalose reuk van ou boeke” snuif is die leser dit met hom eens dat ‘n mens “volgende maand maar moet sny op kruideniersware en sigarette” ter wille van ‘n paar kosbare stukke leesmateriaal Dit is in hierdie sensitiwiteit vir geestesprodukte ook die hoofkarakter se belangstelling in seëls en vir ‘n meer gesofistikeerde lewensingesteldheid dat die verhaal vir my ‘n hoogtepunt bereik Die waardige mevrou Knobel verpersoonlik eintlik daardie ingesteldheid en sy is ook die band met die Ossewa Brandwag waaraan haar vermoorde man behoort het Dis ‘n deel van die geskiedenis wat vandag nog vir baie Afrikaanssprekendes iets byna gloeiend in beduidenis daaraan het Die skurke is losbandig vloekerig ontevrede geldgierig gevaarlik en daarby uitgelewer aan hulle omstandighede en eie onbesonnenheid TJ byvoorbeeld “het by die weeshuis weggeloop Hy’t Jo’burg toe gehike in parke geslaap en los joppies gedoen om aan die lewe te bly” Daarna het hy by die weermag aangesluit en spiere begin bou Hierop het sy toetrede tot die misdaadwêreld gevolg Victor weer het sy selmaat vermoor Daisy het ‘n gevoel vir ‘n man blykbaar ‘n menigte mans Natuurlik hou ‘n mens nie van hulle nie en natuurlik móét jy as leser van ‘n misdaadverhaal nie Ek wil my herinner dat een of ander Amerikaanse misdaadskrywer iewers gesê het dat misdaad sonder uitsondering ‘n halfbekookte affêre met halfbekookte uitvoerders is en dit is hier beslis van toepassing Skepsels soos Victor en Snake laat ‘n mens se nekhare regopstaan so gemaklik is hulle in hulle eie gemeenheid En tog staan daardie gemeenheid eintlik net in diens van ‘n groter meer orkestrerende gemeenheid Die aksietonele is goed en oortuig ‘n mens dat die geweldenaars mense is om mee rekening te hou Die onderliggende komplot is ook intrigerend en ontvou op sy tyd terwyl die pas in sy geheel danksy die baie gebeure en gereelde toneelwisseling terselfdertyd goed volgehou word