Kodenaam Icarus

Kodenaam Icarus❄ [EPUB] ✼ Kodenaam Icarus By Henk Breytenbach ➝ – Oaklandjobs.co.uk Popular E Book, Kodenaam Icarus by Henk Breytenbach The way the author shows is genius and it really helps me connect with the story. Popular EBook, Kodenaam Icarus by Henk Breytenbach The way the author shows is genius and it really helps me connect with the story. Vic Nel is nie die deursneespeurder van soveel spanningsromans – ‘n gekwelde siel met drank en huweliksprobleme wat juis vanweë sy menslikheid lesers se verbeelding aangryp nie Nee Vic het alreeds daardie grense oorgesteek en hy het eintlik niks meer om te verloor nie Daar is onskuldige bloed aan sy hande en klaarblyklik nie meer veel gevoel in sy hart nie Die storie word relevant vir vandag gemaak deur Vic se verlede – voor 1994 – wat sekerlik geen mens van vlees en bloed onaangeraak kan laat nie Die karakter Vic – die ‘uithaler’ van ‘ongewenstes’ voor 1994 – moet nou in die Nuwe Suid Afrika ‘n sinvolle lewe probeer aanmekaarsit Dit laat mens onwillekeurig wonder oor soveel blanke Afrikaner mans wat ‘n nuwe rol moes vind na die eerste demokratiese verkiesing Goeie mense wat met die oogklappe van apartheid grootgeword het binne ‘n bestel waar van jou verwag is om bevele uit te voer en onafhanklike denke nie noodwendig aangemoedig is nie Soldate regeringsamptenare vele ander gesigloses Dit sou interessant wees om te kon vasstel hoeveel hedendaagse misdaad aan soortgelyke karakters as Vic se stryd om oorlewing gekoppel kan word Natuurlik kan mens maar net spekuleer hieroor Vic verdien met die aanvang van die boek sy brood en botter en drank in die skadudeel van die stad deur as lyfwag vir prostitute op te tree Die uitbeelding van die meisies is vir hierdie vroulike leser van die treffendste aspekte van die andersins baie ‘manlike’ boek Dinge loop egter skeef en stuur sy lewe in ‘n nuwe rigting In die proses word ‘n hele aantal nuwe karakters aan weerskante van die spektrum van geregtigheid bekend gestel Hier is nie veel sprake van tradisionele ‘goeie’ en ‘slegte’ karakters nie; hierdie ‘helde’ ken almal die donker kant van die lewe en niemand se motiewe is baie suiwer nie Kodenaam Icarus is ‘n spanningsroman vol aksie met nie veel klem op die persoonlike ontwikkeling of emosionele lewe van die karakters nie Die belangrikste karakters is harde manne met ‘n robuuste woordeskat wat nie vir geweld skrik nie Die einde laat die moontlikheid van ‘n opvolg oop en lesers wat Kodenaam Icarus geniet het kan hopelik uitsien na nog avonture van Vic Nel Ek het die boek baie geniet maar daar is net sommige dinge wat nie vir my sin maak nie Waar het jy gesien ’n voormalige intelligensielid wat die owerhede reeds meer as twee dekades kon ontduik dink nie daaraan om van sy vingerafdrukke ontslae te raak nadat hy iemand te lyf gegaan het nie Vic Nel is die toonbeeld van die deursnee Afrikanerman in sy middeljare Soos in die geval van die meeste Afrikanermans wat tydens die apartheids bewind in die veiligheidsmagte gedien het en dinge moes doen in opdrag van sy owerhede worstel Vic met die spoke uit sy verlede wat eenvoudig nie wil verdwyn nie Sy geheime verlede het hom boonop sy vrou en dogter en loopbaan gekos Vic is een van die manne wat voor 1994 in die skadu’s en agter die skerms gewerk het om diegene wat vir die regering “ongewenstes” was te laat “verdwyn” Die trauma eis sy tol Vic se persoonlike lewe stort inmekaar Daarna is hy nie net ‘n siniese verlate man nie maar ook ‘n gevaarlike misdadiger met verskeie moorde op sy kerfstok maar hy het nie een van die moorde gepleeg nie hy was eerder die skoonmaker wat ander se gemors moes skoonmaak en opvee Sy sin vir geregtigheid bring hom nie veel in die sak nie Een van die mees gewetenlose “hoofde” uit die apartheidsera het so min etiek as die man wat nou “Meneer die President” genoem word en Vic moet vir hom ‘n taak uitvoer Daana wel sal Vic ook eintlik ongewens weesIn die groot raaisel van die Helderberg ‘n Boeing 747 van die SAL wat in 1987 oor die Indiese Oseaan ontplof het word daar nou nuwe name genoem wat vir die dodelike vrag aan boord verantwoordlik sou wees Persoonlike motiewe speel ‘n veel groter rol as politiek veral wat geld en onaantasbaarheid betref Vic het egter min om te verloor buiten sy dogter wat hy twintig jaar laas gesien hetMaar aan die einde moet Vic nie net vir sy eie lewe baklei nie maar ook vir die van Patricia die ontkleedanseres wat haar oor hom ontferm A great book by a local South African author It was a real page turner and I loved the fact that I knew the majority of the places mentioned in the book I have had many meals at the Mike’s Kitchen at Montana Crossing before they closed down a few years ago Vic is a very likable character; great twists and turns Going to start the next book tonight My mom also loved this book and she is the one that recommend I try it since I mostly read English Die boek was interesant en lekker om te lees Laat mens wonder oor hoe ver en hoe diep korrupsie eintlik strek Het net soms gevoel Vic tree bietjie 'dom' op soos om vingerafdrukke op tonele te los en nie bewus te wees van tegnologie wat selfone kan opspoor nie Lekkerlees spanning